Ek glo vas dat daar altyd hoop is:
Hierdie is nie net leë woorde nie; ek het dit self al deurgemaak, en mense was daar vir my. Vir diegene wat in hierdie duisternis vasgevang is, kan dit voel asof daar geen hoop is nie. Jy mag dalk net wil opgee en wegkruip, maar ongelukkig sal dit nie die situasie verbeter nie.
Maar wat kan ‘n mens doen? Jy kan wag vir slaap om tydelike verligting te bied, of dalk iets gebruik om jou vir ‘n rukkie beter te laat voel, maar dit is alles net tydelik. Waar begin jy dus om ‘n permanente verandering in jou lewe aan te bring?
Elke verandering begin met ‘n keuse. Selfs in jou swakste oomblikke het jy die krag om ‘n besluit te maak.
Jou besluit moet met ‘n aksie gepaard gaan. Hierdie aksie hoef nie groot te wees nie, aangesien jy dalk nie sterk voel nie, maar dit kan so eenvoudig wees soos om ‘n Email, WhatsApp, of SMS te stuur.
Hoekom die ommeswaai ervaring?
As jy omswaai vind die volgende aksies plaas:
EEN: Jy STOP !
TWEE: Jy doen ‘n ommeswaai na die teenoorgestelde rigting met mening en spoed.
DRIE: Omdat jy so skielik omswaai, soek jy HULP want jou kop voel dronk.
VIER: Jy begin die pad van GENESING en LEWENSGELUK te stap.
EEN: Jy STOP !
TWEE: Jy doen ‘n ommeswaai na die teenoorgestelde rigting met mening en spoed.
DRIE: Omdat jy so skielik omswaai, soek jy HULP want jou kop voel dronk.
VIER: Jy begin die pad van GENESING en LEWENSGELUK te stap.
My wens vir alle mense,
wat werklik gehelp wil wees, is:
Om julle lewensgeluk terug te neem. Al is daar altyd elemente in jou lewe wat onaangenaam of steurend mag wees, sommige wat dadelik aandag vereis, ander wat kan wag, is dit belangrik om te leer hoe om jou lewensgeluk te koester as iets kosbaars.
Die genesingsproses
Vier Woorde
KEUSE
Niks kan begin sonder om ‘n betekenisvolle keuse te maak nie. Jy besit die vermoë om hierdie keuse te maak.
WAARHEID
Moenie bang wees vir die waarheid nie. Jy voel wat jy voel. Haal af die masker sodat die genesingsproses kan begin.
VERSTAAN
Een van die kernaspekte van die genesingsproses is om te erken wat in jou verlede gebeur het en die invloed daarvan op jou lewe te verstaan. Dit is ewe belangrik om insig te hê in die rol van mense wat deel van jou lewe was.
VERANTWOOR DELIK
So baie mense bly in omstandighede waarin hulle nie wil wees nie omdat hulle wag dat iemand anders moet verander of dat iemand anders hulle uit hul omstandighede sal red. Neem beheer oor JOU lewe en word die bestuurder, nie die passasier nie.
Van My Kant Af
Ek onderneem om jou na die beste van my vermoë by te staan en te ondersteun.
Wat ek bied is gratis, maar dit verg jou toewyding om jou lewe te verander. Ek vra dat jy, wanneer jy eendag gereed is, ook ander sal bystaan om hul lewensvreugde te herontdek.
Wat ek bied is gratis, maar dit verg jou toewyding om jou lewe te verander. Ek vra dat jy, wanneer jy eendag gereed is, ook ander sal bystaan om hul lewensvreugde te herontdek.
Deon Gerber